Volgens die weervoorspelling sou dit vanoggend ’n nat, koue en modderige rugbyveld gewees het.
Die skool het egter met soveel omgee en bereidwilligheid vooraf spesiale reëlings getref dat ons binne kon parkeer en dat Theo selfs uit die voertuig die rugby kon kyk as dit sou reën.
Maar ons is egter bederf met ’n pragtige oggend. Twee wedstryde later, en nie ’n enkele druppel het geval nie.
Ons seuntjie het die hele pad huis toe oor en oor “dankie” gesê dat pappa daar kon wees.
Wat ’n ongelooflik geseënde dag.

Teresa











