Hello almal.
Theo se pyn was Vrydagaand baie intens en teen Saterdagoggend, met min slaap en daarby die reën wat begin val het, was dit net nie moontlik vir hom om die kinders met sport te gaan ondersteun nie. Die kinders het dit emosioneel beleef oor sy plek wat leeg was.
Intussen het ons ’n afspraak gemaak om te kyk of Theo ’n kandidaat vir osteointegrasie is. Dit is ‘n prosedure waar ’n metaalpen direk in die been geplaas word waaraan ’n prostese heg. Dit kan meer stabiliteit, minder pyn en beter beweging gee, veral belangrik vir iemand soos Theo wat fisies werk. Ons is egter in kennis gestel dat mediese fondse die prosedure nie dek nie, so ons vertrou dat tyd sal wys wat moontlik is.
Ten spyte van alles het dit partykeer gevoel asof die teëspoed hierdie week bly reën het, dit was ñ week vol uitdagings… maar die Here het steeds voorsien.
Ons is opreg dankbaar vir elkeen se ongelooflike ondersteuning, julle maak hierdie pad ligter.
Teresa





01.
BackaBuddy
If you are in a position to support us financially no matter how small your contribution may be, we will be forever grateful.
02.
Fundraiser Shop
We have several unique donated authentic handmade leather bags and African curio items as well as professionally tanned high quality animal hides for sale. All proceeds go towards Theo's medical & rehabilitation costs.
03.
Vroue Met Vlerke
An amazing Christian Women's group driving raffle campaigns via WhatsApp on a regular basis with superb prizes to WIN! Join them to support Theo!






