Ons kry gereeld die vraag: “Hoe gaan dit nou?”

Ons kry gereeld die vraag: “Hoe gaan dit nou?” Elke keer moet ’n mens eers 'pause' voor jy antwoord… want die antwoord lê nie altyd maklik op die tong nie en daar gaan so baie goed deur jou gedagtes, so sê jy maar net... dit gaan okay?

Ons kry gereeld die vraag: “Hoe gaan dit nou?”

Ons kry gereeld die vraag: “Hoe gaan dit nou?”
Elke keer moet ’n mens eers ‘pause’ voor jy antwoord… want die antwoord lê nie altyd maklik op die tong nie en daar gaan so baie goed deur jou gedagtes, so sê jy maar net… dit gaan okay?

Want, wat jy eintlik dink is…
Die afgelope week en ‘n half was die aande lank!
Die spookpyne is so intens, aanhoudend en uitputtend!!! Dit steel slaap en soms voel dit of dit selfs jou gedagtes kom steel. Jy voel geirriteerd en jy weet nie of jy kom of gaan nie.
Jy doen als wat jy moet: pille, oefeninge met die spieël, sensoriese stimulasie vir die senuwees en bid, bid en bid.

Die linkerarm is uit die sling, maar die blad bly pyn.
Die ribbes het hul plaatjies, maar dit bly pyn.
Die regter hand is in gips wat gaan help, maar dit pyn.

Jy verpes dit as jou kos in stukkies opgesny word, want dit herinner jou aan jou beperkings, maar jy sukkel om te sny.
Jy wil in ‘n warm bad lê vir pyn, maar moet stort.
Jy wil graag net onafhanklik in ‘n stort kom en self was, maar daar is die risiko.
Die afhanklikheid vir dinge wat eens vanselfsprekend was, wil jou gek maak
Die wêreld wat nie altyd plek maak vir ’n rolstoel nie, maak jou so kwaad.
Dit is donker, die honde blaf, maar jy besef jy is beperk tot ‘n rolstoel om te kyk wat gaan buite aan.
Jy moet belangrike oproepe maak, besluite neem, maar jy het die vorige nag niks geslaap nie.
Vriende en familie wil geselsies maak, maar jy dink aan een ding slaap en net niks pyn.

Hierdie is nie net ’n moeilike fisiese pad nie,
maar ’n geweldige moeilike psigiese pad ook en nie net vir my nie, maar vir ons al vier.

En tog…
In die stilte van dit alles, is daar ’n ander werklikheid ook.

Daar is voorsiening.
Daar is mense wat dra, bid, gee, opdaag.

Ons antwoord bly dus: Dit gaan okay.

Want ons word elke dag weer opgetel.
Ons fokus bly eenvoudig:
om aan te hou beweeg…
een dag, een tree, een asem op ’n slag.

Dankie dat julle saam met ons hierdie pad stap.

red heart 02
Theo
01.
BackaBuddy

If you are in a position to support us financially no matter how small your contribution may be, we will be forever grateful.

02.
My Online Shop

We have several unique donated authentic handmade leather bags and African curio items as well as professionally tanned high quality animal hides for sale. All proceeds go towards Theo's medical & rehabilitation costs.

03.
Vroue Met Vlerke

An amazing Christian Women's group driving raffle campaigns via WhatsApp on a regular basis with superb prizes to WIN! Join them to support Theo!

PLEASE SHARE

More updates below

theo grimbeek osseointegration
Theo's Journey

Theo se pyn raak intens…

Theo se pyn was Vrydagaand baie intens en teen Saterdagoggend, met min slaap en daarby die reën wat begin val het, was dit net nie moontlik vir hom om die kinders met sport te gaan ondersteun nie. Die kinders het dit emosioneel beleef oor sy plek wat leeg was.

Read More »
Shopping Basket
Scroll to Top